Theunis de Jongh van Kleinhoekkloof buite Ashton se resep vir ’n ham genaamd Lonza of Lomo
Gebruik varklende (loin) wat van die been afgesny is. Jou slagter kan ’n lekker stuk uitsoek met een of twee sentimeters vet.
Lees meer: Ons gesels met Theunis de Jongh
Bestanddele
+/- 550 gram varklende
Kuur
15 gr suiker
3 gr pienk sout (nie Himalaya-tipe – sien nota)
3 gr geroosterde swart peperkorrels
3 gr geroosterde vinkelsaad
3 gr geroosterde koljander
12 gr Kosher sout
2 gr pimento
2 huisies gekapte knofffel
1 gr tiemieblare
1 gr rooipeper
Metode
1 Meng al die bestanddele van die kuur saam. Plaas die varklende in ’n verseëlbare plastieksak en strooi die kuur oor aan alle kante. Verseël sak en plaas in yskas vir 10-14 dae. Draai elke paar dae om en masseer die kuur in die vleis in.
2 Verwyder uit yskas en was kuur met louwarm water af.
3 Hang varklende in koel, geventileerde area (ideaal is 12 – 17 grade) tot hy 70 % van die begingewig weeg. Sny dun en bedien met aartappelslaai, slaaie en kaas.
Nota: Pienk Sout is bekend as Instacure no 1 of Prague Powder no 1 en kan by jou slagter gekry word. Dit help met preservering, gee kleur en help met voorkoming van botulisme.