Maak jou eie limonade – dis heerlik en boonop ryk aan vitamien C.
Bestanddele
1 k water
1 k suiker
sap van 5-6 suurlemoene
4 k koue water
Metode
1. Meng suiker en water in kastrol. Laat kook en roer aanhoudend tot suiker heeltemal opgelos is.
2. Laat afkoel en bêre in yskas.
3. Meng stroop met suurlemoensap (deurgesyg of net so) en roer goed.
4. Voeg 4 k koue water by en meng goed.
Wenke:
Gebruik mineraalwater met gas vir ’n bruis drankie.
Voeg suurlemoenskyfies by indien verkies.
Maak ekstra sap en vries dit in ysbakkies. Gooi daarvan in jou suurlemoendrankie.