Lepelsteeltjies is soutkoekies gevul met appelkooskonfyt. Probeer dit self, dis baie maklik om te maak en heerlik!
36 koekies
Bestanddele
250 ml (105 g) koekmeel
1, 25 ml (¼ t) sout
1, 25 ml (¼ t) bakpoeier
310 ml (120 g) fyngerasperde Cheddarkaas
125 ml (120 g) botter (kamertemperatuur )
appelkooskonfyt
Metode
Voorverhit oond tot 200 °C en spuit 2 klein kolwyntjiepanne met kleefwerende sproei.
- Gooi meel, sout en bakpoeier in voedselverwerker en meng deur.
- Gooi kaas en botter by en pols tot hanteerbare deeg vorm. Maak balletjies van 7,5 ml en plaas in holtes van kolwyntjiepannetjies.
- Druk holte met ronde kant van 2,5 ml maatlepel in deeg.
- Skep appelkooskonfyt in elkeen en bak vir 15 minute tot goudbruin en gaar.
- Laat afkoel.