Hierdie lensiesop is perfek vir die winter! Probeer gerus ons resep
Deur SUZANNE CROZIER
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
5 ml (1 t) fyn gemmer
3 middelslagwortels, grofgerasper
2 selderystokkies, fyngekap
5 ml (1 t) fyn komyn
5 ml (1 t) fyn koljander
2,5 ml (½ t) paprika
knypie rooipeper
1 lourierblaar
500 ml (2 k) bruin lensies, afgespoel
420 g (1 blik) gekapte tamaties
1,5 l (6 k) groente-aftreksel
skil van 1 suurlemoen
10 ml (2 t) suurlemoensap
Metode
- Verhit olie en braai ui, knoffel en gemmer tot sag.
- Gooi wortels, seldery, geurmiddels en lensies by ui. Braai tot geure vrygestel word.
- Roer tamaties en aftreksel by en laat prut tot lensies en groente sag is.
- Gooi suurlemoensap en -skil by en bedien in warm bakkies.
Wenke
- Spoel lensies goed af en kyk mooi dat daar nie klein klippies in is nie
- Jy kan ook die lensies met graan-sopmengsel vervang
- Gooi sout laaste bly, anders gaan jou lensies nie sag word nie