Hierdie lemoen-en-papawersaad-koek is ‘n heerlike koek met lemoengeur, die ekstra lekker van krakerige papawersaad en met my gunstelingroomkaasversiersel!
1 koek
Bestanddele
KOEK
60 ml (¼ k) papawersaad
180 ml (¾ k) melk
210 ml (200 g) botter teen kamertemperatuur
1 lemoenskil, gerasper
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
180 ml (170 g) strooisuiker
3 eiers
500 ml (265 g) koekmeel
7,5 ml (1½ t) bakpoeier
125 ml (½ k) lemoensap
VERSIERSEL
125 ml (120 g) botter teen kamertemperatuur
1 houer (230 g) roomkaas
5 ml (1 t) vanieljegeursel
1 000 ml (530 g) versiersuiker
60 ml (¼ k) melkpoeier
30 ml (2 e) poeiereierwit (actiwhite)
Metode
Voorverhit oond tot 160 °C en berei ’n 20 cm-koekpan met waspapier voor.
- Koek Meng papawersaad en melk.
- Klop botter, lemoenskil, vanieljegeursel en strooisuiker tot lig en donsig.
- Voeg eiers een vir een by en klits goed.
- Sif koekmeel en bakpoeier by, voeg melkmengsel en lemoensap by en meng goed.
- Skep in koekpan en bak vir 70 minute tot goudbruin en gaar.
- Versiersel Room botter, voeg roomkaas by en klop tot glad.
- Voeg vanieljegeursel by en klop goed.
- Sif versiersuiker, melkpoeier en poeiereierwit.
- Gooi halwe koppie van versiersuikermengsel by terwyl jy aanhou klop en herhaal totdat al die versiersuiker opgeneem is.
- Versier koek.