’n Basiese pannekoekresep is ’n moet in elke huishouding. Soek die basiese pannekoekresep op ons webwerf en maak dan hierdie maklike en lekker vulsels daarby
Kosassistent JASMYN VAN HEERDEN
Foto’s ANDREA CALDWELL
Chorizo-en-boontjie-vulsel
4 porsies
BESTANDDELE
bietjie olie
1 ui
5 ml (1 t) fyn knoffel
200 g (1 pakkie) chorizo, in skyfies gesny
5 ml (1 t) fyn koljander
5 ml (1 t) fyn komyn
2,5 ml (½ t) paprika
1 ml (1 t) brandrissievlokkies
410 g (1 blik) boontjies in tamatiesous
60 ml (¼ k) room
4 eiers
8 pannekoeke
METODE
1 Verhit olie en braai ui tot sag. Roer knoffel by en braai tot geure loskom.
2 Roer chorizo en speserye by en braai vir minuut.
3 Gooi boontjies en room by en laat kook tot effe dikker.
4 Braai eiers in bietjie botter tot keuse van gaarheid.
5 Skep vulsel in pannekoek en bedien met eier bo-op.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.