Probeer maklike resepte wat hoofsaaklik groente en vleis gebruik, soos ons kerriemaalvleis-en-blomkoolrys
Kerriemaalvleis-en-blomkoolrys
4 porsies
BESTANDDELE
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
2,5 ml (½ t) fyn vars gemmer
10 ml (2 t) kerriepoeier
500 g maalvleis
400 g (1 blik) gekapte tamaties
300 g (1 pak) gerasperde blomkool
METODE
1 Braai ui in bietjie olie tot sag. Roer knoffel en speserye by en braai tot geure loskom.
2 Sit maalvleis by en braai tot bruin. Geur met sout en peper.
3 Gooi tamaties by en kook tot sous verdik.
4 Braai blomkool in bietjie botter en sit saam met maalvleis voor.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.