GENOEG VIR 9-10 | BEREIDINGSTYD: 5 MINUTE
BESTANDDELE
1 l dik Grieksestyl jogurt
250 ml volroommelk
125 g bevrore bloubessies, in ’n voedselverwerker verpulp
125 g bevrore frambose, in ’n voedselverwerker verpulp
125 g bevrore aarbeie, in ’n voedselverwerker verpulp
300 g versiersuiker, gesif
Houtroomysstokkies
METODE
- Skep die jogurt in ’n Le Creuset Mixing Bowl en roer die melk by.
- Verdeel die jogurtmengsel tussen drie klein bakkies. Skep elke soort bessiepuree saam met 100 g gesifte versiersuiker by ’n bakkie jogurt en meng dit goed. Proe of dit soet genoeg is en voeg nog versiersuiker by, indien nodig.
- Verdeel die mengsels tussen Le Creuset Espresso Mugs en sit dit in die vrieskas vir omtrent 2-3 uur tot dit halfgevries is.
- Druk die roomysstokkies in die middel van die koppies in en sit dit terug in die vrieskas tot dit kliphard gevries is.
- Doop die koppies letterlik ’n sekonde of twee in kookwater wanneer jy dit wil voorsit om die suigysies maklik uit te kry.