GENOEG VIR 8 | BEREIDINGSTYD: 7 MINUTE | GAARMAAKTYD: 30 MINUTE
BESTANDDELE
80 ml melk, verhit
60 g strooisuiker
’n knypie sout
480 g koekmeel, gesif
20 g kitsgis
60 ml louwarm water
30 g botter
2 eiers, liggies geklits
canola-olie vir diepbraai (die hoeveelheid
sal afhang van die grootte van
die kastrol wat jy gebruik: 1-2 l)
Vir die glansversiersel:
500 g versiersuiker
90 ml water
verskillende kleure koskleursel
koekstrooisels van jou keuse
METODE
- Meng die melk, suiker en sout in ’n Le Creuset Mixing Bowl. Sit dit eenkant om effens af te koel. Roer die helfte van die koekmeel by en klits dit dan goed vir 2 minute – maak seker daar is geen klonte in die beslag nie.
- Meng die kitsgis en warm water in ’n klein bakkie en voeg dit dan by die melk-en-meelmengsel. Voeg nou die botter en geklitste eiers by en laastens die orige meel.
- Keer die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en knie dit vir 5 minute of tot die gluten ontwikkel het en die deeg elasties is. Plaas die deeg in ’n gesmeerde Le Creuset Mixing Bowl, bedek dit met ’n klam kombuisdoek en laat dit op ’n warm plek rys tot dit in volume verdubbel het – dit sal omtrent 30-40 minute neem.
- Keer weer die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en rol dit 1 cm dik uit. Gebruik ’n doughnutdrukker om sirkels met gate uit die deeg te sny. As jy nie ’n doughnutdrukker het nie, kan jy enige ronde voorwerp soos ’n glas of ’n Le Creuset Mug gebruik.
- Sit die doughnuts eenkant om vir nog 30 minute te rys. Gooi die canola-olie in ’n Le Creuset Stainless Steel Deep Casserole en verhit dit oor matige hitte. Laat sak die dougnuts versigtig in die olie – net een of twee op ’n slag – en braai dit tot dit alkant goudbruin is. Skep dit uit die kastrol en laat dit op kombuispapier dreineer.
- Maak die versiersel deur die versiersuiker in ’n Le Creuset Mixing Bowl te sif en klits dan die water met ’n Le Creuset Silicone Spatula by. Verdeel die versiersel tussen Le Creuset Ramekins en kleur dit soos wat jy wil. Smeer dit oor die bokant van die doughnuts en sprinkel koekstrooisels van jou keuse oor.