GENOEG VIR 8 | BEREIDINGSTYD: 10 MINUTE | BAKTYD: 60 MINUTE
BESTANDDELE
Vir die kors:
350 g koekmeel, gesif
150 g versiersuiker, gesif
2 g sout
150 g botter, in blokkies gesny
100 ml melk
Vir die crème pâtissière:
500 ml melk
1 vanieljepeul, in die lengte
middeldeur gesny en saadjies
uitgeskraap
6 eiergele
150 g strooisuiker
30 g mielieblom
250 g vars bloubessies
METODE
- Verhit die oond tot 180 ºC. Meng die koekmeel, versiersuiker en sout in ’n groot Le Creuset Mixing Bowl. Gebruik jou vingers om die botter by die meelmengsel in te vryf tot dit soos growwe broodkrummels lyk. Roer die melk bietjiesbietjies by tot die krummels begin saamklou. Keer dit op ’n werkoppervlak uit, druk die krummels liggies saam en vorm dit in ’n bol wat jy effens platdruk. Draai die deeg toe in kleefplastiek en sit dit vir 20 minute in die yskas.
- Smeer ’n Le Creuset Fluted Flan Dish. Rol die deeg omtrent 3-5 mm dik uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en voer die bak daarmee uit. Gebruik ’n vel bakpapier en droëbone of keramiekbakboontjies om die kors blind te bak – bak dit vir 10-12 minute of tot die rande begin bruin word. Verlaag die temperatuur tot 160 ºC, verwyder die bakpapier en bone en bak dit vir nog 8-10 minute of tot die kors deurgaar is.
- Maak die crème pâtissière deur die melk en vanieljesaadjies in ’n Le Creuset Saucepan te gooi en tot net voor kookpunt te verhit. Plaas die eiergele in ’n mengbak en klits die suiker by met ’n Le Creuset Silicone Spatula. Voeg die warm melk stadig by terwyl jy dit die heeltyd klits. Roer die mielieblom by.
- Gooi die mengsel terug in die kastrol en verhit dit oor matige hitte terwyl jy dit heeltyd met ’n houtlepel roer tot die vla begin borrel en dik en romerig is. Sit dit eenkant om effens af te koel. Skep die vla in die afgekoelde tertkors en rond dit af met vars bloubessies.