GENOEG VIR 6 | BEREIDINGSTYD: 5 MINUTE | GAARMAAKTYD: 45 MINUTE
BESTANDDELE
Vir die hollandaise:
100 ml witwynasyn
2 takkies tiemie
5 eiergele
5 g seesoutvlokkies
2 g varsgemaalde swartpeper
300 g ghee (verhelderde botter), gesmelt
sap van 1 suurlemoen
560 g vars aspersies
10 g fyn sout
8 eiers
METODE
- Plaas die asyn en tiemietakkies in ’n klein Le Creuset Signature Saucepan en laat dit oor lae hitte afkook tot dit die helfte minder is en die tiemie die asyn kan geur.
- Verhit ’n kastrol soutwater tot kookpunt. Die kastrol moet groot genoeg wees om die aspersies in te blansjeer en ’n glasbak bo-op te laat rus. Gooi die eiergele in die glasbak en sit dit op die kastrol – maak seker die onderkant van die bak raak nie aan die water nie. Klits die eiers met ’n elektriese klitser tot dit lig en donsig is en in volume verdubbel het. Oppas dat jy nie roereier maak nie!
- Gooi die asyn deur ’n sif en gooi die tiemie weg. Voeg die asyn baie stadig by die eiergele terwyl jy dit die heeltyd klits. Voeg die sout en peper by en haal die bak van die kastrol af. Voeg die verhelderde botter baie stadig by die eiermengsel terwyl jy dit die heeltyd klits om ’n ryk emulsie te vorm. Proe vir sout en peper en klits laastens die suurlemoensap by. Sny die onderpunte van die aspersies af en blansjeer dit in die kookwater. Verfris dit vir 5 minute in yswater en laat dit dan goed dreineer.
- Plaas die eiers in ’n groot kastrol en bedek dit met koue water. Verhit dit oor hoë hitte, maar roer die eiers die eerste 3 minute om seker te maak die geel is mooi in die middel. Haal die kastrol van die plaat af sodra die water begin kook en verfris die eiers in yswater.
- Pak die aspersies in ’n Le Creuset Heritage Dish. Skep die hollandaisesous in ’n Le Creuset Ramekin en plaas die eiers in Le Creuset Footed Egg Cups. Sny die bopunt van die eiers af en sit dit voor.