
Maak hierdie maklike lasagnerolletjies vir aandete!
2 porsies
Bestanddele
bietjie olie
½ ui, gekap
2,5 ml (½ t) fyn knoffel
250 g maalvleis
5 ml (1 t) fyn koljander
sout en peper
350 g (½ bottel) tamatiepastasous
8–10 velle lasagnepasta
38 g (1 pakkie) witsous
250 ml (1 k) gerasperde kaas
60 ml (¼ k) broodkrummels
Metode
- Braai ui en knoffel tot sag. Gooi maalvleis, koljander, sout en peper by en braai tot bruin.
- Gooi tamatiepastasous by maalvleis en laat kook tot dik.
- Kook lasagnevelle in borrelende soutwater. Dreineer en smeer met bietjie olie sodat dit nie aan mekaar vassit nie.
- Skep twee eetlepels maalvleis op punt van lasagnevel en rol op.
- Verhit oond tot 180 ˚C. Pak rolletjies netjies in oondbak.
- Maak witsous aan volgens instruksies op pakkie en giet oor lasagnerolletjies.
- Sprinkel kaas en broodkrummels oor en bak vir 20 minute.
