Op ’n koue aand is hierdie lamsbredie met stoombrood ’n goeie keuse
4 porsies
BESTANDDELE
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
1 kg lamsvleis, sonder been
125 ml (½ k) koekmeel
sout en peper
250 g (1 pakkie) sampioene, gekap
2 wortels, geskil
750 ml (3 k) bruin aftreksel
30 ml (2 e) tamatiepasta
1 kg brooddeeg
15 ml (1 e) gekapte pietersielie
METODE
Stel oond op 180 ˚C.
1 Braai ui en knoffel in bietjie olie tot sag. Skep uit en hou eenkant.
2 Rol vleis in koekmeel en braai in sarsies tot bruin aan alle kante. Geur met sout en peper.
3 Gooi uie en vleis terug in pot, gevolg deur sampioene, wortels, aftreksel en tamatiepasta. Laat kook tot vleis sag is. Skep in oondbak.
4 Rol deeg in kleiner bolletjie en pak netjies bo-op vleismengsel. Sprinkel met pietersielie.
5 Bak vir 25 minute of tot brood gaar is.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.