Jy hoef nie dié week oor aandete kop te krap nie. Hier is ‘n resep vir die besige weeksaande.
Lamsbredie met fetakapokaartappels
6 porsies
Bestanddele
1 kg lamsvleisblokkies
30 ml (2 e) koekmeel
genoeg olie
2 rooi uie, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
5 ml (1 t) gedroogde origanum
12 ontpitte kalamata-olywe
500 ml (2 k) rooiwyn
312 ml (1¼ k) beesvleisaftreksel
klein bietjie gerasperde suurlemoenskil
FETAKAPOKAARTAPPELS
750 ml (3 k) water
7,5 ml (1½ t) sout
4 groot aartappels, geskil en in blokke gesny
45 ml (3 e) botter
15 ml (1 e) volroommelk
3 ml sout
swartpeper na smaak
2 skywe fetakaasskywe, gebreek
2 grasuie, gekap
Metode
Stel oond op 180 °C.
1 Rol vleisblokkies in koekmeel.
2 Verhit genoeg olie en braai blokkies vleis bietjies op ‘n slag tot gaar.
3 Braai uie, knoffel en origanum in olie tot sag. Skep gebraaide vleisblokkies weer terug in kastrol.
4 Voeg olywe, rooiwyn en beesvleisaftreksel by vleisblokkies en verhit tot kookpunt.
5 Draai hitte laer, sit kastrol se deksel op en laat oor lae hitte prut tot vleis sag is, ongeveer twee uur.
6 Roer suurlemoenskil by en skep in oondbak.
7 Fetakapokaartappels Sit water en sout saam in kastrol en verhit tot kookpunt.
8 Sit aartappels in borrelende water. Laat kook tot aartappels sag is, ongeveer 25 minute.
9 Dreineer. Sny aartappels in kleiner stukke. Voeg botter, melk, sout en peper by. Druk aartappels fyn en glad met aartappeldrukker.
10 Roer fetakaas en grasuie by. Skep fetakapokaartappels op vleis.
11 Bak vir 35 minute tot dit bo-op begin verbruin.