Kurt Darren ryg die een ná die ander treffer in. Ons almal weet hy kan sing, maar kan hy kook? Hy deel sy resep vir ‘n bunny chow met ons
“Daar is mense wat sal sê ek is ’n ywerige kok. As ek byvoorbeeld op ’n Maandag ’n bietjie af is, speel ek en ’n paar vriende ’n potjie poker of snoeker en dan maak ek gewoonlik ’n lekker warm lams-bunny chow. Ek dink as jy hulle vra, sal hulle sê ek is ’n bobaaskok!”
Kurt se bunny chow
6 porsies
bietjie olie
1 kg lamskenkels
2 uie, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
5 ml (1 t) vars gemmer, gerasper
820 g (2 x 410 g-blikke) tamaties,
gekap
50 g (1 blikkie) tamatiepasta
30 ml (2 e) matige kerriepoeier
250 ml (1 k) suiker
1 ml sout
knypie swartpeper
OPDIENING
vars wit rolletjies of witbrood met krakerige kors
- Verhit olie en braai lamskenkels tot bruinerig. Skep uit.
- Soteer ui en knoffel in oorblywende vet tot deurskynend. Voeg oorblywende bestanddele en lamskenkels by.
- Plaas deksel op en laat oor lae hitte vir 1 uur prut of tot lamskenkels sag is.
- Opdiening Sit warm saam met wit rolletjies of witbrood voor.