Hierdie krakerige klapperhoender is heerlik!
4 porsies
Bestanddele
8 hoenderstukke
250 ml (1 k) karringmelk
sout en peper
2,5 ml (½ t) paprika
knypie brandrissie
250 ml (1 k) fyn klapper
SOUS
1 blik klappermelk
125 ml (½ k) soetrissiesous
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
- Laat hoenderstukke vir 20 minute in karringmelk le.
- Haal uit en geur met sout, peper, paprika en brandrissie.
- Rol hoender in klapper en pak op bakplaat.
- Bak vir 30 minute of tot gaar en krakerig.
- Sous Kook klappermelk en soetrissiesous saam tot verdik.
- Bedien met basmatirys of gestoomde groente.