4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
250 g (1 pakkie) spek, fyn gekap
1 ui, fyn gekap
4 selderystingels, fyn gekap
250 ml (1 k) broccoli, in klein stukkies gebreek
75 ml (5 e) rosyntjies
15 ml (1 e) sonneblomsaad
60 ml (4 e) gevlokte amandels
3 grasuie, gekap
SOUS
125 ml (½ k) mayonnaise
15 ml (1 e) melk
30 ml (2 e) parmesaankaas, fyn gerasper
5 ml (1 t) suurlemoensap
Metode
- Verhit olie en soteer spek tot bros en gaar.
- Voeg ui en seldery by en braai nog 5 min. Verwyder van hitte.
- Verhit bietjie water in kastrol tot kookpunt. Posjeer broccoli in water vir 4 min. Dreineer en laat koud word.Meng spekmengsel, broccoli en oorblywende bestanddele liggies.
- Sous: Meng bestanddele vir sous en sit saam met slaai voor.