4 porsies
Bestanddele
500 g stokvisfilette
200 g (1 klein blikkie) klein garnale, gedreineer
2,5 ml (½ t) vars koljander, fyn gekap
4 takkies vars dille, fyn gekap
5 ml (1 t) sojasous
2,5 ml (½ t) paprika
125 ml (½ k) room
75 ml (5 e) mayonnaise
sout en peper na smaak
60 ml (4 e) botter, gesmelt
Metode
1. Kook vis in bietjie water of melk tot gaar. Dreineer.
2. Verwyder vel, ontbeen en vlok vis.
3. Voeg garnale, koljander, dille, sojasous en paprika by en kap in voedselverwerker fyn.
4. Klits room styf en roer saam met mayonnaise, sout en peper by vismengsel in.
5. Skep vismengsel in vier klein ramekinbakkies. Maak gelyk bo-op.
6. Verdeel botter sodat elke bakkie met dun lagie botter bedek is.
7. Draai in kleefplastiek toe en vries, maar nie langer as twee maande nie.