Niemand is lus vir ’n gebakte poeding as dit so warm buite is nie. Hierdie koel poeding is ’n wenner
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
6 tot 8 porsies
Bestanddele
4 40 g (1 blik) ingemaakte pynappelblokkies, gedreineer
80 g (1 pakkie) suurlemoenjellie
20 ml (2 e) gelatien
60 ml (4 e) water
380 g (1 blik) kondensmelk
250 ml (1 k) room
Metode
- Dreineer pynappels en vul vloeistof verder met water op tot 500 ml (2 k). Verhit die vloeistof tot kookpunt. Hou pynappelblokkies eenkant.
- Roer jelliepoeier by vloeistof en roer tot opgelos. Plaas in yskas vir ongeveer 30 minute om af te koel.
- Spons gelatien bo-oor water (60 ml). Laat gelatien bo-oor kookwater of in mikrogolf vir paar sekondes smelt. Gelatienmengsel moenie borrel nie. Roer gesmelte gelatien by afgekoelde jelliemengsel. Roer terwyl dit bygevoeg word sodat dit nie drade trek nie.
- Roer kondensmelk by jelliemengsel. 5 Klits room styf en vou by jelliemengsel in. Roer ook pynappelblokkies by.
- Spoel groot jellievorm met 20 cmdeursnee met koue water uit en giet jelliemengsel in.
- Plaas in yskas vir vyf uur tot goed gestol.
- Dompel jellievorm vinnig in warm water en keer dan versigtig op opdienbord uit.
- Rond af soos verkies en sit dadelik voor.