Hierdie poeding van ouds kan ook as ’n tert dien
• 6 tot 8 porsies
Bestanddele
385 g (1 blik) kondensmelk
125 ml (½ k) suurlemoensap
250 g (1 bakkie) roomkaas
50 g (1 pak) malvalekkers
440 g (1 blik) pynappelringe
20 heel rooi glanskersies
250 ml (1 k) room
5 ml (1 t) vanieljegeursel
7,5 ml (1½ t) gelatien
45 ml (3 e) water
Metode
1 Meng kondensmelk en suurlemoensap.
2 Roer roomkaas by.
3 Sny malvalekkers kleiner. Smeer bietjie botter aan skêr se lemme wanneer dit te taai raak.
4 Roer malvalekkers by.
5 Sny pynappelringe in kleiner stukkies en roer saam met kersies by.
6 Klits room saam met vanieljegeursel styf. Vou by kondensmelkmengsel in.
7 Spons gelatien in water. Smelt gelatien in mikrogolf tot glad. Gelatien moenie borrel nie.
8 Roer gesmelte gelatien by kondensmelkmengsel.
9 Verdeel poeding tussen bakkies of glasies. Plaas in yskas tot gestol.
10 Sit koud voor.