Hierdie is Ouma Riek (Eldaleen se ma) se lekker lietsjiepoeding. Hou hierdie bestanddele in jou kombuis vir ’n vinnige poeding
12 porsies
565 g (1 groot blik) lietsjies
1 60 g (2 x 80 g-pakkies)
suurlemoenjellie
1 l volroomvanieljeroomys
250 g (1 bakkie) roomkaas
250 ml (1 k) Griekse jogurt
250 ml (1 k) vars room
- Behou lietsjiesap wanneer jy geblikte lietsjies dreineer.
- Verhit gedreineerde lietsjiesap tot kookpunt. Roer suurlemoenjellie daarby tot opgelos. Vul opgeloste jelliemengsel tot 500 ml (2 k) aan met koue water. Sit jellie in yskas om af te koel.
- Behou paar heel lietsjies vir afronding, maar sny oorblywende lietsjies in kleiner stukkies.
- Roer roomys tot glad. Roer roomkaas en Griekse jogurt daarby tot goed gemeng.
- Klits room tot styf en roer by roomysmengsel in.
- Voeg afgekoelde jellie by roomysmengsel. Roer tot gemeng. Roer stukkies lietsjies ook by.
- Giet mengsel in een groot ronde bak of in 12 individuele bakkies of glasies.
- Laat oornag in yskas stol.
- Rond poedings met oorblywende heel lietsjies of vars lietsjies en pistasieneute (opsioneel) af. Variasie Vervang suurlemoenjellie met aarbeijellie en geblikte lietsjies met vars aarbeie.