4 porsies
Bestanddele
500 g (1 pak) elmboogpasta
SLAAIBESTANDDELE
‘n bietjie olie
2 uie, fyn gekap
2 selderystingels, fyn gekap
2,5 ml (½ t) droë basiliekruid
600 g boerewors
30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap
30 ml (2 e) ontpitte olywe, gehalveer
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies
410 g (1 blik) pitmielies, gedreineer
2 fetakaasskywe, in klein blokkies
250 ml (1 k) mozzarellakaas, in blokkies
SLAAISOUS
60 ml (4 e) Dijonmosterd
90 ml (6 e) heuning
60 ml (4 e) suurlemoensap
90 ml (6 e) olie
Metode
1 Kook pasta in borrelende water waarby 5ml (1 t) sout en bietjie olie gevoeg is tot al dente.
2 Dreineer en roer ekstra olie deur sodat pasta nie aan mekaar kleef nie. Bedek en hou eenkant.
3 Verhit olie en soteer uie, seldery en basilie tot ui sag is. Roer by pasta.
4 Verhit nog olie indien nodig en braai wors tot gaar. Skep uit en laat afkoel.
5 Sny wors in diagonale skywe wanneer dit heeltemal koud is.
6 Voeg oorblywende bestanddele by pasta. Meng liggies.
7 Slaaisous Meng bestanddele saam vir slaaisous.
8 Meng slaaisous net voor opdiening by slaaibestanddele.