Met ’n lekker stukkie souttert het jy sommer vinnig ’n smaaklike middagete
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
Foto ANDREA CALDWELL
6 tot 8 porsies
Bestanddele
klont botter
1 ui, fyngekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
2 50 g (1 pakkie) spek, in blokkies
gesny
3 75 g (1 pakkie) Russiese
kaasworsies, in skyfies gesny
30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap
375 ml (1½ k) cheddarkaas, gerasper
5 ml (1 t) droë mosterdpoeier
45 ml (3 e) blatjang
500 ml (2 k) vars broodkrummels
sout en peper na smaak
500 ml (2 k) volroommelk
5 eiers
Stel oond op 180 °C.
Metode
- Smelt botter en soteer ui en knoffel tot ui sag is.
- Voeg spek by en soteer drie minute. Voeg worsies by en soteer tot gaar.
- Meng pietersielie, kaas, mosterdpoeier, blatjang, broodkrummels, sout en peper by vleismengsel.
- Klits melk en eiers saam en voeg by vleismengsel.
- Skep in ronde, gesmeerde oondbak met 24 cm deursnee en bak vir 40–45 minute of tot gestol in middel.
- Sit warm of teen kamertemperatuur voor.