Hierdie lekker melktert vorm sommer sy eie kors en is boonop vinnig om te maak
Deur MARLO CARSTENS
Bestanddele
12 porsies
30 ml (2 e) sagte botter
250 ml (1 k) suiker
4 ekstragroot eiers, geskei
250 ml (1 k) bruismeel
2 ml sout
1 ℓ (4 k) melk
2,5 ml vanieljegeursel
2,5 ml amandelgeursel
KANEELSUIKER
10 ml (2 t) fyn kaneel
45 ml (3 e) suiker
LEES OOK: Melkbolletjies
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Melktert Room botter en suiker tot liggeel.
- Klits eiergele by bottermengsel vir 3 minute.
- Sif bruismeel en sout. Voeg meelmengsel by bottermengsel en klits tot gemeng.
- Voeg melk bietjies-bietjies by terwyl geroer word sodat dit gladde mengsel vorm.
- Klits eierwitte styf en vou by melkmengsel in.
- Gooi in twee ronde oondvaste tertborde met 20 cm-deursnee wat met kossproei gespuit is.
- Bak vir 40 minute of tot goudbruin.
- Kaneelsuiker Meng kaneel en suiker.
- Sprinkel bo-oor melktert en sit voor.