Wanneer laas het jy ’n koringslaai vir jou mense gemaak? Probeer gerus dié lekker resep!
8 porsies
500 ml (2 k) rou stampkoring
bietjie olie
2 uie, fyngekap
1 selderystingel, fyngekap
2 50 g (1 pakkie) sampioene, gehalveer
handvol vars pietersielie, gekap
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
410 g (1 blik) pitmielies, gedreineer
SOUS
125 ml (½ k) soetrissiesous
60 ml (4 e) avokado-olie
30 ml (2 e) suiker
60 ml (4 e) witwynasyn
Metode
- Kook stampkoring in borrelende soutwater tot sag, ongeveer 20 minute. Dreineer en spoel goed onder lopende water af.
- Verhit bietjie olie en soteer uie en seldery vir vyf minute. Skep uiemengsel by gekookte stampkoring en roer deur.
- Voeg nog bietjie olie by indien nodig en voeg sampioene by. Soteer vir ongeveer vier minute. Sampioene hoef nie sag te wees nie.
- Voeg pietersielie by en soteer net vinnig. Skep sampioen- en- pietersieliemengsel by stampkoring.
- Voeg soetrissies en pitmielies daarby.
- Sous Meng bestanddele vir sous en roer deur stampkoring.