
Bedien hierdie Koreaanse hoenderhappies met soetrissie- of brandrissiesous!
Bestanddele
1 eier, geklits
30 ml (2 e) melk
4 hoenderborsies, in 2,5 cm-blokke gesny
90 ml (1/3 k) koekmeel
125 ml (½ k) broodkrummels
SOUS
60 ml (¼ k) rooirissiepasta (chilli paste)
10 ml (2 t) fyn knoffel
20 ml (4 t) heuning
90 ml (6 e) sojasous
2,5 cm vars gemmer, fyngekap
1 00 g (½ pakkie) klein tamaties, in helfte gesny
80g (1 pakkie) mangetout-ertjies, in helfte gesny
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
- Klits eier en melk saam.
- Rol hoender in meel, dan in eiermengsel, dan in broodkrummels.
- Pak op bakplaat uit en bak vir 15 minute of tot hoender gaar is. Haal uit en hou eenkant.
- Sous Laat sousbestanddele vir vyf minute of tot effe dikker kook.
- Giet sous oor hoenderblokkies en roer tot hoender goed bedek is.
- Ryg hoenderblokkie, halwe tamatie en halwe ertjie op stokkies. Herhaal, afhangende van grootte van stokkie.
