Die vakansie lê om die draai. Begin sommer nou al die koekblikke vul
Ongeveer 120 koekies
Bestanddele
330 g botter of margarien
250 ml (1 k) suiker
2 eiers
80 ml (1/3 k) kondensmelk
15 ml (1 e) gouestroop
560 g (4 k) koekmeel
5 ml (1 t) sout
5 ml (1 t) kremetart
5 ml (1 t) koeksoda
VERSIERSEL
125 g (¼ blok) sagte botter of margarien
250 ml (1 k) versiersuiker
1 eiergeel
2,5 ml (½ t) gliserien
75 ml (5 e) kakao
ongeveer 60 heel rooi kersies, gehalveer
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Room botter en suiker met elektriese klitser tot liggeel en romerig.
- Voeg eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging.
- Voeg kondensmelk en gouestroop by en meng deeglik.
- Sif koekmeel, sout, kremetart en koeksoda saam.
- Meng alles saam en laat deeg vir ’n halfuur rus.
- Rol deeg ongeveer 5 mm dik uit en druk vormpies uit. (Hier is ’n blomvormpie gebruik en ook ’n gaatjie in middel van helfte van koekies gedruk.)
- Plaas koekies op gesmeerde bakplate en bak vir ongeveer 12 minute en laat afkoel.
- Sif versiersuiker oor koekies met gaatjies in.
- Versiersel Meng bestanddele vir versiersel saam tot romerig en plak koekies twee-twee op mekaar daarmee. Druk halwe rooi kersie in middel van koekies met ’n gaatjie in