Hierdie kondensmelk-en-sjokolade-rol is ’n heerlike bederfie vir die soettand
LEES OOK: Bak sjokolade-en-grondboontjie-blokkies
ongeveer 45 skyfies
100 g (1/5 blok) botter
385 g (1 blik) kondensmelk
200 g bruin melksjokolade, in blokkies gebreek
30 ml (2 e) kakao
500 ml (2 k) pofrys (Rice Crispies)
200 g (1 pakkie) Eat-Sum-More, in kwarte gebreek
100 g (½ pakkie) Mariekoekies, grofgekap
OM IN TE ROL
375 ml (1½ k) klapper
LEES OOK: Bak kondensmelkkoekies
- Smelt botter, kondensmelk en sjokolade oor lae hitte tot gesmelt.
- Sif kakao oor pofrys en meng met koekies.
- Roer hierdie mengsel by kondensmelkmengsel tot goed gemeng.
- Laat mengsel vir halfuur afkoel. Deel in drie dele en vorm drie rolle.
- Om in te rol Sprinkel klapper oor bakplaat en rol drie rolle daarin tot goed bedek.
- Vou dit met foelie toe en plaas oornag in yskas.
- Sny in skywe om voor te sit.