Maak ’n heerlike koel poeding vir ’n warm dag
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
Foto ANDREA CALDWELL
Kondensmelk-en-jogurt-poeding
4 porsies
5 00 ml (2 k) jogurt van jou keuse, bv aarbei
385 g (1 blik) kondensmelk
1 gekoopte rolkoek
1 Meng jogurt en kondensmelk in mengbak.
2 Sny rolkoek in skywe. Gebruik ronde koekiedrukker wat so groot soos glase/bakkies is wat gebruik word en druk sirkels uit gesnyde rolkoeklae. Plaas een laag onder in glas/bakkie.
3 Wissel verskillende lae met jogurtmengsel en rolkoek af.
4 Hou so aan tot al die bestanddele opgebruik is.
5 Rond met neute en vrugte af indien verkies.
Wenk
Die nagereg kan reeds drie uur voor die ete gemaak en in yskas gehou word