Hierdie komkommer-en-garnaal-happies proe net so lekker soos wat dit lyk
16 stukke
Bestanddele
1 komkommer
1 6 garnale, skoongemaak, stertjies nog aan
1 suurlemoen se sap en skil
30 ml (2 e) gekapte dille
15 ml (1 e) olie
sout en peper
60 ml (¼ k) maaskaas
4 grasuie, gekap
bietjie melk
Metode
- Sny komkommer in 1,5 cm-skywe.
- Marineer garnale in suurlemoensap en -skil, dille, olie en sout en peper.
- Braai garnale in ’n bietjie botter tot gaar.
- Meng maaskaas, grasuie en melk tot effe sagter.
- Skep ’n bietjie maaskaasmengsel op komkommerskyfie met garnaal bo-op sodat stertjie in die lug staan. Bedien dadelik.