Maak dié maklike kolwyntjies vir Paastyd wat almal in ’n feestelike luim sal sit.
Bestanddele
125 g (¼ blok) sagte botter
187 ml (¾ k) strooisuiker
3 eiers
5 ml (1 t) vanielje
500 ml (2 k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
knypie sout
125 ml (½ k) melk
VERSIERSEL
125 ml (½ k) sagte botter
750 ml (3 k) versiersuiker, gesif
5 ml (1 t) vanielje
groen koekkleursel
bietjie melk (indien nodig)
smal satynlint vir eiers (ongeveer 3 m
pienk en 3 m groen lint)
24 harde wit versuikerde sjokoladeeiers
Metode
- Stel oond op 180 °C.
- Kolwyntjies: Room botter en suiker tot liggeel.
- Voeg eiers en vanielje by en klits goed.
- Sif meel, bakpoeier en sout.
- Roer meel en melk beurtelings by bottermengsel.
- Skep in kolwyntjiepapiertjies wat in muffinpannetjies geplaas is.
- Bak vir 12 tot 15 min.
- Versiersel: Room botter en voeg versiersuiker bietjies-bietjies by. Voeg vanielje en genoeg groen koekkleursel by om dit grasgroen
- te maak. Voeg bietjie melk by indien versiersel te styf is.
- Spuit bietjie versiersel op kolwyntjie en plaas wit eier daarin. Spuit lang stervormige grassies rondom eier.
- Bind lint om elke eier.