Bestanddele
4 eiers
312 ml (1¼ k) strooisuiker
500 ml (2 k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
knypie sout
250 ml (1 k) warm melk
90 ml (6 e) olie
5 ml (1 t) vanielje
VERSIERSEL
250 ml (1 k) room
15 ml (1 e) versiersuiker
2,5 ml (½ t) vanielje
125 ml (½ k) aarbeikonfyt
versiersuiker om bo-oor te sif
vars blommetjies
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Kolwyntjies: Klits eiers en strooisuiker tot liggeel.
2. Sif meel, bakpoeier en sout. Roer by eiermengsel.
3. Meng melk, olie en vanielje en roer by meelmengsel tot glad.
4. Sit wit muffinpapiertjies in muffinpan¬ne¬tjies en skep ¾ vol beslag.
5. Bak vir 15 min. of tot toetspen skoon uitkom.
6. Verwyder uit pan en laat afkoel.
7. Versiering: Klits room, versiersuiker en vanielje tot styf.
8. Sny elke kolwyntjie se bokant af. Smeer bietjie aarbeikonfyt op en skep bietjie room op.
9. Sny bokant in middel deur en druk skuins in room sodat dit soos skoenlappertjie lyk.
10. Sif versiersuiker bo-oor en sit saam met blommetjies voor.