ongeveer 24 koekies
Bestanddele
KOEKIES
250 g (½ blok) sagte botter
187 ml (¾ k) versiersuiker, gesif
10 ml (2 t) koffiepoeier
15 ml (1 e) kookwater
500 ml (2 k) koekmeel, gesif
VULSEL
50 g (½ plak) donkersjokolade, gesmelt
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Room botter en versiersuiker tot liggeel.
- Roer koffiepoeier en kookwater saam en giet by bottermengsel. Klits goed.
- Roer koekmeel by bottermengsel. Dit sal sagte deeg wees.
- Voer bakplaat met bakpapier uit.
- Skep deeg in spuitsak met meduim- grootte sterretjie-spuitpunt
- Maak sirkeltjies van ongeveer 2 cm op bakplaat, maar nie te naby aan mekaar nie.
- Bak vir 10 tot 12 min. of tot effens ligbruin. Laat op afkoelrakkie afkoel.
- Plaas twee koekies opmekaar met bietjie gesmelte sjokolad