Kolwyntjies is maklik om te bak – en met ’n koffiegeur daarby ’n bonus!
24 standaardgrootte koekies
Bestanddele
4 ekstragroot eiers
187 ml (¾ k) strooisuiker
125 ml (½ k) olie
500 ml (2 k) bruismeel
10 ml (2 t) kakao
2,5 ml (½ t) koeksoda
1 ml sout
10 ml (2 t) koffiepoeier
90 ml (6 e) kookwater
KOFFIEVERSIERSEL
375 ml (1½ k) versiersuiker
20 ml (4 t) kookwater
5 ml (1 t) koffiepoeier
1 Flake
Metode
Stel oond op 180 °C.
1 Klits eiers en strooisuiker tot liggeel. Klits olie by.
2 Sif bruismeel, kakao, koeksoda en sout.
3 Roer kookwater by koffiepoeier tot opgelos.
4 Roer meelmengsel en koffie beurtelings by eiermengsel tot goed gemeng.
5 Verdeel beslag tussen muffinpapiertjies wat in standaardgrootte muffinpannetjies geplaas is. Moenie meer as ¾ vol maak nie.
6 Bak vir 18 minute of tot toetspen skoon uitkom.
7 Plaas op afkoelrakkie tot heeltemal afgekoel.
8 Koffieversiersel Sif versiersuiker in groot mengbak.
9 Meng kookwater en koffiepoeier. Roer by versiersuiker tot dik versiersel vorm.
10 Skep versiersel bo-op kolwyntjies en sprinkel Flake-stukkies bo-oor.