’n Koffiekoek bly ’n goeie keuse!
12 porsies
Bestanddele
5 ekstragroot eiers, geskei
250 ml (1 k) strooisuiker
312 ml (1¼ k) koekmeel
80 ml (1/3 k) kakao
15 ml (1 e) bakpoeier
1 ml sout
5 ml (1 t) sterk koffiekorrels
60 ml (4 e) kookwater
125 ml (½ k) volroommelk
187 ml (¾ k) olie
5 ml (1 t) vanieljegeursel
KOFFIEVERSIERSEL
5 ml (1 t) sterk koffiekorrels
5 ml (1 t) kookwater
250 g (½ blok) sagte botter
250 ml (1 k) strooisuiker
45 ml (3 e) kakao
397 g (1 blik) kondensmelk
Metode
- Gooi strooisuiker by eiergele. Klits met elektriese klitser tot liggeel, ongeveer drie minute.
- Sif koekmeel, kakao, bakpoeier en sout saam.
- Los koffiekorrels in kookwater op. Roer melk, olie en vanieljegeursel ook by kookwater.
- Meng oliemengsel en meelmengsel beurtelings by eiermengsel.
- Klits eierwitte met elektriese klitser tot stywepuntstadium en vou by beslag in.
- Smeer of spuit twee ronde koekpanne met 22 cm-deursnee en voer met bakpapier uit.
- Skep beslag in koekpanne en bak vir 25 minute of tot toetspen skoon uitkom.
- Laat effens in koekpanne afkoel en keer dan op afkoelrakkie uit tot heeltemal afgekoel.
- Koffieversiersel Los koffiekorrels in water op. Hou eenkant.
- Room botter met elektriese klitser tot romerig, ongeveer twee minute.
- Meng kakao en strooisuiker. Voeg strooisuikermengsel by bottermengsel en klits weer vir nog vier tot vyf minute.
- Voeg koffiemengsel by bottermengsel en voeg dan kondensmelk stadig by, maar gebruik net ½ tot ¾ van die kondensmelk, anders gaan versiersuiker te loperig raak.
- Sny koeklae horisontaal in helfte deur.
- Smeer versiersel tussen koeklae en rondom koek.
- Rond koek verder af soos verkies.