Lus vir koek bak? Jy sal nie ’n fout met ’n koffiekoek maak nie
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
1 groot koek
Bestanddele
4 ekstragroot eiers
375 ml (1½ k) strooisuiker
250 ml (1 k) karringmelk
187 ml (¾ k) olie
5 ml (1 t) vanieljegeursel
500 ml (2 k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
5 ml (1 t) fyn kaneel
1 ml sout
30 ml (2 e) warm water
15 ml (1 e) koffiepoeier
KOFFIEVERSIERSEL
45 ml (3 e) volroommelk
15 ml (1 e) koffiepoeier
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
200 g sagte botter of wit margarien
750 ml (3 k) versiersuiker, gesif
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Klits eiers en suiker met elektriese klitser tot liggeel.
- Meng karringmelk, olie en vanieljegeursel.
- Sif koekmeel, bakpoeier, kaneel en sout saam. Roer meel- en karringmelkmengsel beurtelings by eiermengsel. Hou eenkant.
- Meng warm water en koffiepoeier daarby tot opgelos.
- Smeer twee ronde koekpanne van 22 cm en voer met bakpapier uit.
- Verdeel beslag tussen koekpanne.
- Bak vir 27 minute of tot toetspen skoon uitkom.
- Laat bietjie afkoel en keer dan versigtig op afkoelrak uit om heeltemal af te koel.
- Koffieversiersel Verhit melk en roer koffiepoeier daarby in tot opgelos. Roer vanieljegeursel by.
- Room botter tot liggeel met elektriese klitser vir ongeveer drie minute.
- Voeg koffiemengsel en helfte van versiersuiker by. Klits weer vir vier minute tot romerig.
- Voeg oorblywende versiersuiker by en klits vir nog twee minute tot romerig.
- Versier koek soos verkies.