’n Maklike resep vir ’n heerlike koeskoesslaai
4 tot 6 porsies
Bestanddele
genoeg olyfolie
5 00 g (1 pak) botterskorsie, in blokkies gesny
sout en peper na smaak
2 50 g (1 pakkie) spek, in blokkies gesny
2 rooi uie, in wiggies gesny
KOESKOES
500 ml (2 k) kookwater
10 ml (2 t) groente-aftrekselpoeier
1 0 ml (2 t) gedroogde gemengde
kruie
15 ml (1 e) olyfolie
500 ml (2 k) koeskoes
100g (1 pakkie) pekanneute, liggies gerooster
LEES OOK: Maak cowboykos
Metode
Stel oond op 180 oC.
- Sprinkel bietjie olyfolie bo-oor botterkorsie en bak vir 25 minute of tot sag. Haal uit oond en sprinkel bietjie sout en peper oor.
- Verhit bietjie olyfolie en braai spek tot amper gaar. Voeg rooi uie by en soteer tot ui sag is. Verwyder van hitte en meng by botterskorsie.
- Koeskoes Plaas kookwater, aftrekselpoeier, gemengde kruie en olyfolie in mengbak. Roer tot goed opgelos. Roer koeskoes by en plaas deksel of bord bo-op vir ongeveer 10 minute tot uitgeswel.
- Roer koeskoes met vurk tot dit los van mekaar is.
- Roer pekanneute deur koeskoes. Roer botterskorsiemengsel liggies by koeskoes.
WENK
Jy kan die slaai tot drie dae in die yskas hou