Maak ‘n lekker knoffel-roosmaryn-en-botterboon-patee!
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 klein ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
1 takkie roosmaryn
1 takkie tiemie
knypie neutmuskaat
4 88 g (2 blikkies) botterbone
olyfolie vir bo-op
Metode
- Verhit olie en braai ui tot sag.
- Voeg knoffel, roosmaryn, tiemie en neutmuskaat by en braai om geure vry te stel.
- Voeg bone by en roer deur.
- Maak mengsel met aartappeldrukker of in voedselverwerker fyn. Geur met sout en peper.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.