Maak hierdie lekker knoffel-parmesaan-visgebak!
4 porsies
Bestanddele
900 g (2 bokse) stokvisfilette
125 ml (½ k) koekmeel
30 ml (2 e) olie
125 ml (½ k) botter, gesmelt
1 heel knoffelhuisie, horisontaal in helfte gesny
1 suurlemoen se sap en skil
10 ml (2 t) varsgekapte pietersielie
80 ml (1/3 k) broodkrummels
60 ml (¼ k) parmesaankaas, gerasper
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
- Haal velle van vis af en laat heeltemal ontdooi.
- Rol vis in koekmeel en braai vinnig in bietjie olie tot bruin. Haal uit en skep in oondbak.
- Meng botter, knoffel, suurlemoensap en -skil en pietersielie en gooi oor vis.
- Sprinkel broodkrummels en kaas oor vis.
- Bak vir 20 minute of tot goudbruin en gaar.
Wenk!
Stokvis se vel kom makliker af as dit nog gevries is
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.