Hierdie kleurryke quiche sal enige vaal teetafel opvrolik
1 tert
Bestanddele
KORS
410 ml (12/3 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
5 ml (1 t) suiker
5 ml (1 t) Aromat met kaasgeur
knippie rooipeper
500 ml (2 k) cheddarkaas, fyngerasper
30 ml (2 e) parmasaankaas
100 g botter, in blokkies gesny
125 ml (½ k) yswater
VULSEL
1 pan gekleurde kersietamaties
4 murgpampoentjies
halwe rooi ui
3 eiers
125 ml (½ k) room
125 ml (½ k) melk
30 ml (2 e) koekmeel
5 ml (1 t) korrelmosterd
5 ml (1 t) sout
swartpeper
rooipeper
5 ml (1 t) basiliekruid
1 wiel fetakaas
Metode
Voorverhit oond tot 180 °C.
- Kors Gooi meel, bakpoeier, suiker, Aromat, rooipeper en kaas in voedselverwerker vir een minuut tot kaas fyn is.
- Voeg blokkies botter by en kap vir nog drie minute tot broodkrummeltekstuur.
- Voeg yswater by en pols tot deeg vorm.
- Rol deeg uit en druk in 30 cm-quichepan.
- Bak blind vir 15 minute, verwyder uit oond en laat effe afkoel.
- Vulsel Sny tamaties middeldeur en laat op kombuispapier lê.
- Sny murgpampoentjies in dik skywe en braai liggies in olyfolie.
- Sny ui en braai in olyfolie.
- Meng eiers, room, melk, meel, speserye en kruie.
- Pak groente en feta kunstig op kors en gooi eiermengsel bo-oor.
- Bak vir 40 minute of tot gestol.
- Laat effe afkoel en bedien.