Maak ’n pastaslaai wat nie net lekker is nie, maar ook mooi vertoon
4 porsies
Bestanddele
500 g kleurryke skroefiepasta
200 g gekleurde tamaties, in helfte gesny
100 g (1 pakkie) salamiskywe, in kwarte gesny
3 sirkels fetakaas, gekrummel
handvol vars basiliekruid
60 ml (¼ k) Italiaanse slaaisous
Metode
1 Kook pasta in borrelende soutwater tot net sag. Dreineer en hou eenkant.
2 Gooi res van bestanddele in mengbak.
3 Roer pasta deur sodat alles met sous bedek is.
WENK Die slaai is gewoonlik die volgende dag die lekkerste. Roer dan nog vars basiliekruidblare deur. Heuningmosterd- slaaisous werk net so lekker
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.