Hoe lekker lyk hierdie klein tertjies met ’n spekvulsel? Ons gaan dit beslis vandag maak!
12 porsies
Bestanddele
800 g (2 x 400 g-rolle) skilferkorsdeeg
VULSEL
olie
1 ui, gekap
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
250 g (1 pakkie) spek, fyngekap
2 50 g (1 pakkie) sampioene, fyngekap
250 ml (1 k) room
125 ml (½ k) volroommelk
4 eiers
knypie sout
knypie rooipeper
Metode
Stel oond op 220 °C.
- Rol skilferkorsdeeg oop en druk sirkels van ongeveer 10 cm in deursnee uit deeg.
- Smeer muffinpannetjies met botter of spruit met kossproei. Druk sirkels in muffinpannetjieholtes. Deeg kan bietjie bo kante uitsteek. Plaas in yskas tot benodig.
- Vulsel Verhit olie en soteer ui en kruie tot ui sag is.
- Voeg spek by en soteer tot gaar. Voeg sampioene by en soteer tot sampioene sag is.
- Klits room, melk en eiers. Voeg sout en rooipeper by.
- Verdeel spekmengsel tussen muffinholtes en giet genoeg van roommengsel bo-oor.
- Bak vir 8 minute by 220 °C, draai hitte laer na 180 °C en bak vir nog 10–12 minute.