Hierdie resep is ‘n heerlike bykos en dit het min bestanddele. Vinnig en maklik!
Klein aartappeltjies met sampioene en fetakaas
8 porsies
1 kg klein aartappeltjies
10 ml (2 t) sout
bietjie olie
1 ui, gekap
2,5 ml (½ t) knoffel, gekap
250 g (1 pakkie) sampioene, gehalveer
sout en peper na smaak
125 ml (½ k) geroomde kruieslaaisous (Ina Paarman)
2 sirkels fetakaas, gekrummel
swartpeper
1 Kook aartappeltjies met skil in borrelende kookwater waarby 10 ml (2 t) sout gevoeg is. Kook ongeveer 14 minute of tot jy aartappeltjies met skerppuntmes kan deursteek.
2 Dreineer. Sny aartappeltjies in helfte.
3 Verhit bietjie olie en soteer ui en knoffel tot ui sag is. Voeg sampioene by en soteer vir ses minute tot sag. Sampioene hoef nie heeltemal gaar te wees nie. Voeg slaaisous by en roer deur.
4 Skep uiemengsel oor aartappeltjies en sprinkel fetakaas en swartpeper oor.
5 Hou warm tot dit voorgesit word.