Hierdie outydse tuisgemaakte klapperys is maklik om te maak – meng net die bestanddele, en siedaar!
Bestanddele
24 blokkies
900 ml (350 g) klapper
1 325 ml (700 g) versiersuiker
1,25 ml (¼ t) kremetart
1,25 ml (¼ t) sout
5 ml (1 t) vanieljegeursel
1 blik (385 g) kondensmelk
koekkleursel
Metode
- Wit laag Meng 175 g van klapper en 350 g van versiersuiker.
- Voeg helfte van kremetart, sout en vanieljegeursel by.
- Gooi halwe blikkie kondensmelk by en meng goed.
- Skep mengsel in pan van 20 cm x 20 cm. Druk stewig vas om wit laag te vorm. Laat dit stol terwyl jy boonste laag meng.
- Gekleurde laag Meng res van klapper, versiersuiker, kremetart, sout, vanieljegeursel en kondensmelk. Kleur mengsel met koekkleursel en skep bo-op wit laag. Druk stewig vas. Sny in netjiese blokke voor dit heeltemal hard is.
- Laat stol en haal uit pan. WENK Vir ’n groot beslag, maak die resep een keer vir die wit laag en een keer vir die gekleurde bolaag aan.