Hier is ‘n lekker variasie van gewone stokvis!
4 porsies
Bestanddele
8 stokvisfilette
10 ml (2 t) visspeserye
125 ml (½ k) koekmeel
2 eiers, geklits
250 ml (1 k) klapper
bietjie olie vir braai
PYNAPPELSALSA
½ pynappel, in klein blokkies gesny
½ rooi ui, fyngesny
1 25 ml (½ k) vars koljanderblare, fyngekap
2,5 ml ½ t) fyn gedroogde brandrissie
15 ml (1 e) suurlemoensap
5 ml (1 t) olyfolie
sout en peper
Metode
- Haal vel van stokvis af terwyl dit nog gevries is en sprinkel vis met visspeserye.
- Rol vis in meel, geklitste eiers en dan klapper.
- Verhit bietjie olie en braai ongeveer vier minute aan elke kant tot vis gaar is. Hou warm.
- Pynappelsalsa Meng al die bestanddele in mengbak.
- Sit saam met vis en slaai of kapokaartappels voor.