Het jy al ooit klapperkerriehoender gemaak? Probeer ons resep!
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
5 ml (1 t) fyn gemmer
20 ml (4 t) kerriepoeier
5 ml (1 t) borrie
5 ml (1 t) fyn komyn
5 ml (1 t) fyn koljander
8 hoenderporsies
400 g (1 blik) gekapte tamaties
400 ml (1 blik) klappermelk
Metode
- Verhit olie en braai ui, knoffel en gemmer tot sag.
- Gooi speserye by uie en braai tot geure ontwikkel.
- Voeg hoender, tamaties en klappermelk by uiemengsel en laat stadig kook tot hoender gaar is.
- Bedien met rys en geroosterde klapper.
Wenk
Jy kan ook bevrore ertjies of ander groente by die kerrie gooi om die ete te rek