Lemoene is ’n wintervrug en dié lekker lemoenkoek wat met lemoenstroop bedruip word, is net die ding om nou te bak
Deur MARELI VISSER
1 tweelaagkoek
KOEK
185 ml melk
45 ml (3 e) botter
10 ml (2 t) lemoenskil
250 ml (210 g) suiker
2 eiers, geskei
2 eiers
375 ml (160 g) koekmeel
7,5 ml (1½ t) bakpoeier
1,25 ml (¼ t) sout
STROOP
375 ml (320 g) suiker
250 ml water
45 ml (3 e) botter
250 ml lemoensap
VERSIERSEL
105 ml (100 g) botter
1 houer (230 g) roomkaas
950 ml (500 g) versiersuiker
30 ml (2 e) vars suurlemoensap
15 ml (1 e) lemoenskil, fyngerasper
knypie wynsteensuur
Maak ook hierdie stervarkiekoek
Metode
Verhit oond tot 180 °C en voer twee 23 cm-koekpanne met waspapier uit.
- Koek Kook melk, botter en lemoenskil saam en laat effe afkoel.
- Klits suiker, twee eiergele en eiers tot liggeel.
- Sif meel, bakpoeier en sout saam en vou by eiermengsel in.
- Voeg melkmengsel by beslag en meng.
- Klits twee eierwitte styf en vou by beslag in.
- Bak vir 35 minute in twee koekpanne tot goudbruin en gaar. Haal uit oond en laat effe afkoel.
- Stroop Kook suiker, water en botter vir vyf minute, verwyder van hitte en voeg lemoensap by.
- Prik koeke en bedruip met stroop.
- Laat verder in yskas afkoel.
- Versiersel Klop botter en roomkaas tot sag. Gooi versiersuiker, suurlemoensap lemoenskil en wynsteensuur by en klop tot lig en romerig.
- Smeer versiersel netjies op koek. Versier met versuikerde lemoenskywe.