Slaan dié kitskondensmelkpoeding vinnig aanmekaar
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS Foto ANDREA CALDWELL
6 tot 8 porsies
Bestanddele
397 g (1 blik) kondensmelk
375 ml (1½ k) water
90 g (1 pakkie) kitspoeding
500 ml (2 k) dikroom
5 00 g (1 groot bak) aarbeie, ontstingel en gehalveer
2 00 g (1 pak) Romany Creams, fyngemaak
Metode
- Meng kondensmelk en water.
- Voeg kitspoeding by en klits met elektriese klitser vir twee minute.
- Plaas in yskas vir vyf minute tot amper gestol.
- Klits room tot net styf en vou by kitspoedingmengsel in.
- Skep lagies kitspoedingmengsel, vrugte en koekies in groot deurskynende bak of in individuele glasies.
- Plaas in yskas vir drie uur en sit koud voor.