Yskastert is my man se gunsteling. As ek hom wil bederf, maak ek hierdie een
10 tertjies
Bestanddele
1 pak vingerbeskuitjies
1 pak kersiejellie
250 ml (1 k) kookwater
250 ml (1 k) kersiejogurt
½ blik kondensmelk
250 ml (1 k) room
Metode
- Pak vingerbeskuitjies in enkellaag om rand van glasies of bodem van tertbak.
- Maak jellie met kookwater aan en laat tot kamertemperatuur afkoel. Klits jogurt en kondensmelk by.
- Klits room tot sagtepuntstadium en vou by beslag in.
- Vul glasies met beslag. Vir groot tert, skep helfte van vulsel oor vingerbeskuitjies en pak nog ’n laag vingerbeskuitjies bo-op met nog ’n laag vulsel.
- Laat stol in yskas en versier met vars kersies.
Wenk
Verdubbel die bestanddele vir een groot tert Kersie-jogurt-tertjies