Bak muffins met ‘n verrassing! Hier is ‘n lekker resep vir kersie-en-witsjokolade-muffins
24 muffins
LEES OOK: Bak kaas-en-marmitemuffins
150 g sagte botter
187 ml (¾ k) strooisuiker
3 ekstragroot eiers
250 ml (1 k) natuurlike jogurt
5 ml (1 t) vanieljegeursel
560 ml (2¼ k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
knypie sout
90 g (1 plak) witsjokolade,
grofgekap
1 00 g (1 boksie) heel rooi
glanskersies
LEES OOK: Bak growwe piesang-en-neute-muffins
Stel oond op 180 °C.
- Room botter en strooisuiker tot liggeel en donserig.
- Voeg eiers by en klits.
- Roer jogurt en vanieljegeursel by.
- Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Roer by bottermengsel tot ’n deeg.
- Roer gekapte sjokolade en kersies by.
- Plaas muffinpapiertjies in muffinpanne en skep ¾ vol met deeg.
- Bak vir 22 minute of tot goudbruin.
- Laat op afkoelrakkie afkoel en berg in lugdigte houer.